Liturgie lynnwood Oggend 016/05/08 efese : Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!! Pinksterlied elke keer


AMEN 3 X (LB 314) LITURGIE Lynnwood Donderdag 2016/05/11



Yüklə 1,45 Mb.
səhifə5/6
tarix17.11.2018
ölçüsü1,45 Mb.
#80596
1   2   3   4   5   6

AMEN 3 X (LB 314)

LITURGIE Lynnwood Donderdag 2016/05/11 5 Sardis: Lewende Here met Sterwende kerk?

Belofte: Ontvang die wit klere en jou naam in die Boek van die Lewe!
Pinksterlied : Ek lees die vers na Sing gemeente telkens refrein van 601
1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


Gemeente: Refrein van 601

(Stil maar, wag maar alles word nuut, die hemel en die aarde! (2X))


2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


Gemeente: Refrein van 601

(Stil maar, wag maar alles word nuut, die hemel en die aarde! (2X))


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


Gemeente: Refrein van 601

(Stil maar, wag maar alles word nuut, die hemel en die aarde! (2X))


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


Gemeente: Refrein van 601

(Stil maar, wag maar alles word nuut, die hemel en die aarde! (2X))


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.


Gemeente: Refrein van 601

(Stil maar, wag maar alles word nuut, die hemel en die aarde! (2X))



Seëngroet: Openbaring 1:4-5
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.

Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. Openbaring 1:4-5



Lofsang:
478:1-3 Op Vaste Fondamente

525:1,3 Here Hoe Blymoedig


GEBED: Fluit van God (Amore speel blokfluit in agtergrond)
'n Klein, fyn fluit van hout

Leeg, hol, van riet,

stil, rustend in haar hand.


Afwagtend die blaas

in dié amorfe vorm,

van die Asem van die lied.


My veelal leë lewe

rus in die hand van God;

soos die uitgeholde fluit,

verlangend na die melodie

wat alleen U blaas kan uit.
Die klein fluit van hout en ek,

verlang na asem, wagtend op

die Een wat die melodie verwerk.
Die Gees, wie se aanraking

te voorskyn bring, wag op my

leë, alledaagse gestalte,

sodat ons lied-verhongerde aarde

gevoed mag word met goue melodieë.
SING :
LB 257:1,2,3 O Heer maak oop my hart se poort.
Agtergrond oor Sardis
Sardis, 80 km noordoos van Efese geleë.
Dit het twee dele gehad: Hoogliggende deel en laagliggende deel.
Sardis was in die sesde eeu v.C. een van die militêr magtigste stede van die antieke wêreld. Die stad was bekend vir sy haas onneembare ligging op ’n hoë uitloper van ‘n berg,
Daar was ook die groot tempel vir die godin Kubele (gelyk aan die Griekse Artemis).
Hier is die groot “Gimnasium” uit 2de eeu wat kernpunt van die onderste deel van Sardis was. https://www.thattheworldmayknow.com/features-of-the-gymnasium-in-sardis

The Palaestra

In this large (six hundred by one hundred fifty feet) open area physical education. Smaller rooms around the outside were also used for physical training, conditioning (weights and calisthenics), skill development (discus, javelin, jumping), and cardio. (running).

The Didaskelion

Located on the outside of the open area, this school for academics provided rooms in which students learned and recited lessons. There were three levels of education: elementary (boys and girls ages five through twelve who studied reading and writing); secondary (boys and girls ages twelve to sixteen who studied philosophy, math, science, and music); and advanced (boys sixteen + who studied philosophy, medicine, music and science).

The Marble Court

This three-story, colonnaded courtyard was dedicated to the cult of the Roman emperor, believed to be the guardian of the truth being taught and exemplified in his life.

The Bath Complex

In the western section was the largest pool, the heated caldarium. East of this was a large, central hall and the warm pool (tepidarium). A nearby oblong hall held the cold pool
Daar is later baie Jode in die stad gevestig. The Synagogue

Holding more than one thousand people (estimated), this is the largest synagogue ever found in the ancient world. More than eighty inscriptions have been found in the synagogue that indicated that some Jews had significant statues and wealth in Sardis.
Daar was groot rykdom, sy handel in wolstowwe, goud en kleurstowwe.

Die materialistiese gees van die stadjie het ook deurgedring na die klein gemeente wat algaande geestelike waardes op die agtergrond geskuif het.


Twee keer in sy geskiedenis is dit weens gebrek aan waaksaamheid deur vyande in die nag geïnfiltreer en verower(546vc deur die Perse en 214 vC deur Sirië.
Die stad is ook een keer deur ‘n verwoestende aardbewing plat gevee (17 n.C.), maar deur ruime steun van keiser Tiberius is dit weer herbou.
As jy deur die strate loop en vra wat dink hulle van kerk, sou daar baie min positiewe terugvoer gewees het! Hulle het nie positiewe persepsie van kerk gehad nie.

LEES Op 3:1-6
PREEK:
Dit is nie net in die antieke tyd dat daar nie so positiewe persepsie oor die kerk is nie. So paar jaar gelede is mense in Pretoria gevra wat hulle van die kerk dink. (Video)
Die afgelope tyd gons die koerante, die kuberruim en gesprekke oor die sg sterwende NG Kerk nadat Rapport het twee jaar gelede berig het dat die NG Kerk 20 000 van sy 1 054 000 lidmate verloor het in ’n jaar (nou 1034 000). Die statistiek kry hulle uit die Jaarboek van die NG Kerk waar gemeentes jaarliks hulle kontakinligting opdateer en ’n lidmaattal deurgee. Die reaksie van lesers in die opmerkingskolomme is skokkend negatief.
Die Beeld het die storie meer as een keer gelug. Ook op Beeld se webblad was daar groot debat.
Die venynigste kritiek was egter in ‘n artikel in die Mail en Guardian met die titel: “The slow and steady death of the Dutch Reformed Church“. In dié artikel word Dullstroom se NG Kerk gekontrasteer met die plaaslike VGK. Negatiewe persepsies van die skrywer oor die NG Kerk is ‘n beskrywing van hoe hy die kerk meer as 20 jaar gelde as kind beleef het en wat die toé gedoen en gesê het. Op die voorblad word na die binneblad verwys as die “last gasps of the DR Church”
Van die antwoorde wat verskillende mense op die 20 000 verlies gee is:

  • Die Jaarboek gebruik nie korrekte betroubare statistiek nie. Die getalle wat gemeentes opstuur is nie altyd die register getalle nie.

  • Meer as 1 000 000 Afrikaners wat geemigreer het van 1994 – 2005 se impak (H Gous) Volgens Statisitek SA het daar omtrent 100 000 blankes die land verlaat die afgelope 5 jaar. http://businesstech.co.za/news/general/93995/how-many-whites-have-left-south-africa-in-the-last-5-years/

  • In Maart 2016 was daar artikel wat aandui hoeveel mense huise verkoop met die oog op immigrasie: http://businesstech.co.za/news/general/118390/this-one-graph-shows-that-south-africans-are-leaving-the-country/

  • Snelle Sekularisasie wat veroorsaak dat die kerklidmaatskap nie meer so prominente rol speel nie. (N Niemand)

  • Verlies na sg Charismatiese kerke (Blogs)

  • Laer geboortesyfer onder die afrikaners (

  • Afsterf van politieke en volksideologië (N Jackson)

Die gemeente in Sardis word in Op 3:1-6 as ’n sterwende of dooie gemeente geteken.

Die eerste woorde van Jesus aan die gemeente is nogal skokkend! En anders as van die ander briewe waarin hy eers ’n paar positiewe dinge noem wat hy in die gemeente sien. Die skokkende woorde aan Sardis is:
“Julle het naam dat julle lewe maar tog is julle dood!” Aan Smirna is gesê: “Julle is arm en tog ryk”, maar aan Sardis: julle lewe, en tog is julle dood.


  • Van ver af het alles heel goed gelyk, maar as jy nader kyk dan sien jy dit gaan nie so goed nie.

  • Sardis het hulself eintlik as spoggemeente gesien. (Alles het van ver af goed gelyk) Daarom was die kerk heel waarskynlik op ‘n Sondag stampvol. Daar was dalk ook baie goeie dinge wat die Here kon sê, soos dat hulle gesonde finansies het, dat hulle kragtige preke het, dat daar ‘n klomp goed in die gemeente gebeur.

  • Tog kom hierdie vernietigende woorde wat hulle hoogmoed uitmekaar laat spat. “Ek weet alles wat julle doen, Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe en tog is julle dood.” Hulle het die naam dat hulle lewe. Mense sien hulle as ‘n lewendige kerk, maar tog kom sê die Here hulle is dood. Buite lyk alles mooi, maar binne is julle dood.


Dit klink nogal soos Binnelanders se temalied: (Jak de priester)
Buite in die strate
Bars Jakarandas uit hul nate
En alles lyk van ver af so gesond
Maar in die gange is dit wit
Is dit blink en baie stil
Almal sluk vandag 'n bitter pil
Almal sluk vandag 'n bitter pil

Baie mense beoordeel maklik of ’n kerk lewend of dood is of sterwend of groeiend aan die hand van hulle eie kriteria:


  • Hoe vol is die kerk. Getalle bepaal of die kerk lewend is of nie.

  • Die hoeveelheid aksies en geestelike aktiwiteite bepaal dit

  • Ander dink weer die passie van die sang, prediking, gebede iets sê

  • Die musiek is ander meetinstrument... vir ander is die finansies die meetsintrument.

  • soms die finansiële toestand van die gemeente


In hierdie brief gaan dit oor iets anders. Hier gaan dit egter om iets diepers, oor die vraag of God die inspirasie is van alles? Is God die middelpunt van die gemeente. Gaan dit oor God alleen. Om te slaap of om dood te wees, beteken om blind te wees vir die roeping wat God jou gee, asook vir die gevaar waarin jy verkeer.
In Sardis se geval het die eksterne aktiwiteite baie vroom gelyk maar hulle was binne-in van God verwyderd... en daarom dood.
Dit moes ’n groot skok vir die gemeente gewees het om dit te hoor. Dink jou net in as hier brief voorgelees word van Jesus aan ons gemeente met sulke woorde dat julle eintlik dood is. Ek is seker mense van Sardis was erg geskok.
Daarmee bedoel ek glad nie dat ek dink die kerk of die gemeente sterwend is nie maar juis dat ons onsself daaraan kan meet en daar uit kan leer.

Die brief van Johannes aan die gemeente in Sardis wil nie net skok nie maar HOOP GEE:


Hy sê die woorde kom van Jesus wat die sewe Geeste en die sewe Sterre het. Vroeër in die boek sien ons dat die sewe Geeste na die Heilige Gees verwys en die sewe sterre die sewe voorgangers/leiers van die gemeente is. Jesus wat deur sy Gees teenwoordig is gee vir Smirna perspektief op hulle gemeente.
Daarom word hulle aangespreek deur Hom wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het. Hierdie benaming is ontleen aan Op 1:4 en 20; “Die sewe Geeste” is die Heilige Gees – in volheid, veelvuldigheid, veelkleurigheid. Die Heilige Gees is ook die lewendmakende Gees. Christus het deur Sy dood die Heilige Gees vir ons verwerf. Die vraag is of die kerk ook vol is van die Gees...die sewe Geeste, die volle werking van die Heilige Gees.
Christus hou deur die Heilige Gees die sewe gemeentes in sy hand. Hy beskik dus oor die vermoë om hulle te behou of te laat wegval. As die Een wat alles weet, ken Hy die gehalte van die geestelike lewe in die gemeente: … dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood.
Die groot troos is dat GOD-Drie-enig aan die werk is in sy gemeente! Jesus is teenwoordig, die Gees werk, God die Vader Heers! God werk selfs ook deur die voorgangers in die gemeente Sardis deurdat Jesus hulle in sy hande hou. In vers 4 noem hy dat daar in die gemeente wel lidmate is met wit klere en dat Jesus saam met hulle wandel!
Alhoewel die eerste woorde aan die gemeente reguit en skokkend was dat hulle eintlik dood is, beteken dit nie dat God hulle gelos het nie.
Hy gaan voort en nooi hulle op die pad van vernuwing met 6 bewegings om lewend te word of groeiend te wees: Die pad na herlewing...
1 Word Wakker is eerste opdrag!
Die gevaar van tye waarin dit goed gaan is dat dit mens op jou louere kan laat rus.
Dit is so waar van die stad Sardis! Hulle was ʼn uiters vooruitstrewende handelstad wat handel gedryf het met goud en tekstiel. Verder was die stad besonder veilig omdat dit net van een kant af aangeval kon word , en daar is juis ’n hoë muur gebou sodat hulle veilig kan wees. Mense was dus baie ontspanne oor die veiligheid van die stad.
Maar die verrassende het gebeur: 2 keer in die geskiedenis is die stad verrassend oorwin! Persië het die Stad juis ingeneem toe die stad geslaap het. (Nadat ’n soldaat sy helm oor die muur laat val het en laat die aand weer gaan haal het. ’n Persiese spioen het hom gevolg en die swakplek ontbloot)
Hulle sal dus verstaan as daar vir die gemeente gesê word Word wakker! Wees wakker! Daar is ’n risiko vir gemeente. Daar is gevaar!
Ook die NG Kerk en ons gemeente moet wakker wees en nie dink ons kan nie ook sterwend wees of kan erg seerkry in ons tyd nie. Daarom kan ons nie nie stagneer, nie opgee nie, nie op ons louere rus nie maar die uitdagings v dag voluit tegemoet gaan.
Of die statistiek waar is of nie moet ons altyd waaksaam wees.
In Jim Collins se nuutste boek “Great by choice” het hulle uiters intensiewe navorsing oor meer as ’n duisend maatskappye gedoen om te sien watter faktore het maatskappye wat in ekstreme omgewings gefloreer het. Hulle het drie beginsels afgelei waarvan die een was wat ek die minste van hou : Productive Paranoia!!!
Maatskappye wat te midde van uitdagende situasies gefloreer het, het heeltyd produktief paranoïes gewees oor hulle maatskappy. In tye wat dit goed gaan het hulle byvoorbeeld nie gaan lê en rus nie. Maar was heeltyd op die uitkyk vir geleenthede en bedreigings.
Ek dink nie die woord paranoia is regte woord vir gemeentewees nie, maar die gedagte om sensitief, wakker ingestel op geleenthede en bedreigings is krities nodig.
Leonard Sweet in sy boek “The Perfect Storm” skryf hy dat ’n storm soms alle eienskappe het om ’n massiewe storm te word. Maar soos in die film met die selfde titel is dit ook die tyd om die beste vis te vang! Die ergste storm bied die beste geleenthede.
NG Lynnwood moet ook wakker wees , want die perfekte storm is ook hier... met uitdagings en geleenthede! Laat ons wakker wees.

2 “Versterk wat nog by julle oorgebly het” (3:2b)
ʼn Deel van die gemeente is dood in Sardis. Maar dis interessant dat die uitnodiging is nie eers om die dooies te probeer lewend skok nie, maar die lewendes te versterk. Werk met wie jy het en dié wie se harte nog brand vir die Evangelie!
Andre van Niekerk sê dat die kerk hom in die onbenydenswaardige posisie bevind, dus dat mense aan twee uiteenlopende fronte ontevrede is en die kerk verlaat. Vir die een groep maak die Bybel-boodskap in sy tradisionele verstaans-wyse nie meer sin nie. Vir die ander groep maak die kerk egter te min van die Bybelboodskap in sy tradisionele verstaanswyse.
Vir die een is daar te veel hart en te min verstand, vir die ander te veel ver-stand en te min hart. Die verleentheid is ’n geleentheid om voor God stil te word om te hoor wie ons eintlik is. Met die vasstelling van identiteit is die gevaar enersyds om alles vir almal te probeer wees en andersyds om net nog ’n klub van eendersdenkende te word.

Daar is vandag groot klem op die sg missionale karakter van gemeentewees. Alles word gedoen met die oog op die uitbreiding van die gemeente en fokus op die gemeenskap... Dis alles goed en wel. Maar deel van die proses is om soms die na binne-gerigte verantwoordelikhede af te maak. Dat besteding van tyd en bronne na binne afgemaak word.


Sardis se boodskap is anders! Jy fokus op dié wat by jou is. Bou hulle op om dissipels te wees!
3 Onthou hoe julle die Evangelie ontvang het (3:3)
Stap so bietjie terug op julle geestelike pad Sardis. Onthou die wonder toe julle God ontmoet het!
Hoe het julle die Evangelie ontvang? Uit genade toe julle dit nie verdien het nie

Kan jy onthou wat dit aan jou wese gedoen het? Kan jy nog onthou hoe dit voor die dag gevoel het? Hoe verlore en rigtingloos jy gevoel het? Hoe skuld en sonde jou jou oorgeneem het?


Maar In Christus het jy die Beste Nuus ooit gehoor! Dit het ten doel om weer die emosionele vuur in jou aan die brand te steek. Om met passie te werk, aanbid en sing!
Dit vul mens op nuut met dankbaarheid wat die kernmotief vir ons geestelike lewens is. Gemeente dink ook oor julle geestelike pad, hoe God met julle die genadepad geloop het.
4 Hou daarmee vol! (3:3b)
Hier gaan dit oor die voorgaande verbintenis aan die Goeie Nuus! Ek dink dit belangrik dat ons aan die kernwaarhede vashou. Dat ons kernwaardes ons sal dryf.
Daar is ’n paar fondasies van die kerk waarvan nie afgewyk sal word nie: Fokus op God drie-enig! Jesus as die Seun van God wat ons redding deur sy bloed vir ons verdien! Christus alleen, Geloof alleen, Genade alleen, die Skrif alleen... Dit is ons slagspreuk waarmee ons na die slagveld gaan!
Ons wapens is die wapens van die LAM: selfopoffering, liefde, vergifnis! Nie mag en dwang nie... Maar met wapens hoop en visie op God!
Jim Collins, se Great by choice, tweede beginsel om te floreer in vinnig veranderende omgewing : Fanatic Discipline.. Hulle fokus op waardes wat vas is en so vas bly. Hier die woord fantasties dalk wel gepas: Ons sal fantasties gedissiplineerd by ons kernwaardes en kernboodskap bly.
5 Bekeer julle – Mata - noia
Dit beteken om om te draai: HK Sondag 33 vr 88 Wat is ware bekering? Antw:

In die afsterwe van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens.


Buechner som dit pragtig op:” Repentence(bekering) has more to do with what happens to you than what you do. It isn’t just looking at the past and saying “I’m sorry” but rather looking at the future and saying” WOW!” Die nuwe droom van God se koninkryk trek ons en sy liefde inspireer ons.
‘n Nuwe Manier van dink wat tot nuwe optrede lei. Ons met nuwe visie en moed dink oor die toekoms. Hou dan op met patrone van dink wat lei tot die dood.
6 Dra wit klere en julle moet die klere nie besoedel nie
Sardis het ’n florerende tekstiel industrie gehad. Hulle het geweet wat bedoel word met die wit klere. Wit klere was teken van oorwinning en suiwerheid.
As Jesus sê daar is lidmate in Sardis wat wit klere saam met Jesus dra, is dit teken dat hulle te midde van hulle uitdagings steeds oorwinning behaal het!
Dit sien ek ook in ons gemeente maar ook in die NG Kerk. Daar is mense wat die Lewende Here se oorwinning deel maak van hulle lewe. Dit staan uit as tekens van God se lewende teenwoordigheid. Lewende Here wat in die kerk werk en lewend maak!
Daar is ‘n mooi verhaal van ‘n mistikus wat deur ‘n slim ateïs gevra is: hoe kan jy bewys dat daar ‘n god is? Sy antwoord was: Daar is geen bewyse nie, kyk net in die oë van die volgelinge wat in God glo.
Ons lewens is die getuienis van God...
RESULTAAT van die proses tot Herlewing:

Ons is Oorwinnaars:


  • Wit klere: Jy ontvang oorwinning!

  • Naam sal altyd in die Boek vd Lewe wees: Vir spesiale voorregte as burger v stad.

  • Voor die Vader en engele noem dat jy aan God behoort!!!


SLOT
Great by Choice se derde punt is Empirical Creativity: Om kreatief te leef! Deur die eeue het die Here die kerk gebruik om sy koninkryk te laat kom... selfs vandag nog!
Video van die Kerk se rol in die wêreld (Video)
Gebed
Slotsang: 477:1,2
Seën: PAULUS se Gebed vir die Efesiërs
Ek bid dat Hy deur sy Gees

uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,

dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon

en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges

te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan,

en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk,

magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,

aan Hom kom die eer toe, in die kerk,

deur ons verbondenheid met Christus Jesus,

deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. Ef 3:16-21
AMEN Sing

LITURGIE Lynnwood Don 2016/05/12 : 6 Filadelfia: 24/7 OOP DEUR!!!
Aankons:

- Reeks, Sop, Blikkies en Pakkies, Dankoffers by deure.


Pinksterlied elke keer: LB 430:1,2(dames),3,4(mans),6 >>> Melodie 268

1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.
2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.


Seëngroet: Openbaring 1:4-5

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.



Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
SANG
530:1,2,3 Praat ek mense- eng’le tale

LB 280:1, 3 , & 281:1

GEBED: Speel Veni Spiritus Sanctus
Sang: LB 436:1,3
AGTERGROND
Filadelfia: Dit was 45 km suid-oos van Sardis. Hoofroete tussen Europa en Ooste, en bekend as die “poort tot die Ooste”. beteken "liefde vir die broer". Die naam is ook in die verlede 2 x verander. Oa “NeoSesarea” en Flavia agv hulp wat hulle van daar ontvang het. Die naam van die plek is tans Ala-sheher.
Moderne stad, Filadelfia is onder die moderne stad. Min is met uitgrawings ontbloot
Op vulkaniese formasie geleë met baie vrugbare landbougrond. Duisende besoekers aan sy warmwaterbronne en mediese klinieke,
Aardbewings was algemeen, Jr 17nC is 11 stede verwoes. Hulle moes voor begin met nuwe strukture maar dit moeilik want daar gereeld weer aandbewings.
Hulle het Dionusius, die Griekse wyngod vereer met baie feeste en partytjies. Maar onder die bewind van Keiser Domitianus 92 nc is boere gedwing om graanlande te hê ipv wingerde twv kos vir die soldate.
Die tempel te ere van die Keiser het ‘n lang pilaargang gehad met name op van mense wat iets besonders vir die stad gedoen het.
Filadelfia gemeente was waarskynlik die jongste van die sewe gemeentes. Hier was ook nie baie lidmate in Filadelfia nie – en die wat daar was, was almal onbelangrike mense. Daar was egter baie Jode. Die Jode het die wêreld vir die Christene moeilik gemaak. Die Christene is uit die sinagoge geban...die deur was dus vir hulle toegesluit.
Heelwat later toe die Islam sterk was, was daar nog steeds Christene in die stad. In die veertiende eeu is die stadjie deur die Turke verower. In Filadelfia is aangrypendste ou struktuur: Kerk uit 600 nc Bizantynse kerk, met naam : Kerk van Johannes
Saam met Smirna is dit die enigste gemeente wat nie ‘n vorm van bestraffing/teregwysing in die brief aan hulle gehad het nie. Daar was net lof en waardering vir die gemeente.
Yüklə 1,45 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©www.genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə