Liturgie lynnwood Oggend 016/05/08 efese : Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!! Pinksterlied elke keer



Yüklə 1,45 Mb.
səhifə2/6
tarix17.11.2018
ölçüsü1,45 Mb.
#80596
1   2   3   4   5   6

SLOT
Mens kan hoor as musiek nie met die hart saam speel word nie. Dit word soms net tegnies korrek uitgevoer sonder passie. Dit ook wees dat dit met baie passie uitgevoer word maar so afwyk van die note dat jy nie die musiek kan waardeer nie....
Iemand skryf juis oor hoe Christene soms oorkom:

Frankly our music has been too shallow , discordant, or played with a wooden concern for technical correctness but without feeling and passion.

And whenever that happens, our audiences do exactly as they should: they ignore us and our massage, or they turn from us in boredom and disgust.
Luister nou na de verskil as Rolf ‘n stuk speel wat tegnies reg uitgevoer word en dan dieselfde stuk met passie en improvisasie....
Efese se boodskap nooi jou om weer God as jou eerste liefde te ontdek en Hom met jou hele wese lief te hê.
GEBED as Toewyding (Stadig lees met stilte na elke sin) - Reverend Jim Cotter
God be in my head and in my understanding

God be in my eyes and in my looking

God be in my mouth and in my speaking

God be in my tongue and in my tasting

God be in my lips and in my greeting
God be in my nose and in my smelling/inhaling

God be in my ears and in my hearing

God be in my neck and in my humbling

God be in my shoulders and in my bearing

God be in my back and in my standing
God be in my arms and in my reaching/receiving

God be in my hands and in my working

God be in my legs and in my walking

God be in my feet and in my grounding

God be in my joints and in my relating
God be in my guts and in my feeling

God be in my bowels and in my forgiving

God be in my loins and in my swiving

God be in my lungs and in my breathing

God be in my heart and in my loving
God be in my skin and in my touching

God be in my flesh and in my paining/pining

God be in my blood and in my living

God be in my bones and in my dying

God be at my end and at my reviving
Sang: Flam 58 2X
O Heer, ons staan voor U gebroke

As mens verstaan ons nie U weë

Maar U stuur vir ons ‘n Leidsman trou

Hy lei ons na U


Kom o Skepper Gees

Lewendmakend Gees

Kom in al U volheid

Kom in al U krag

Lei my in U waarheid

Leer my van die Seun

Wees U ook my trooster,

Kom o Skepper Gees


Opneem van offergawes
Slotsang LB 504:2,3,5
2 O Jesus, u verlossingsdade

bevry ons van die sondestraf!

U't God behaag en in genade

wend Hy sy oordeel van ons af.

Nooit kan ons deur ons eie strewe

self voor die heil'ge reg bly staan;

U kruis, die boom van nuwe lewe,

het Edens poort weer oop laat gaan.


3 Voor U lê al ons vrees en twyfel,

ons ydelheid en wense oop.

U sien ons voor die waarheid weifel

of aarsel voor ons lewenshoop.

Heer, na wat U vir ons gely het,

laat ons met blydskap werk en bid.

Heer, U wat ons tot diens bevry het,

neem van ons lewe vol besit!
5 Ons wil U wy ons hele lewe,

U volg waar U ons ook mag lei -

aan U, o Here, hoog, verhewe,

en aan u diens steeds toegewy.

Spreek deur ons woorde, rig ons dade;

Voleinder, gee dat deur u krag

die heerlik' werk van Gods genade

in ons volbring word dag na dag!


Seën: PAULUS se Gebed vir die Efesiërs
Ek bid dat Hy deur sy Gees

uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,

dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon

en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges

te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan,

en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk,

magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,

aan Hom kom die eer toe, in die kerk,

deur ons verbondenheid met Christus Jesus,

deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. Ef 3:16-21
Musikale respons: Amen 314

LITURGIE Lynnwood Sondagaand 2016/05/08: 2 SMIRNA  JULLE IS SKATRYK!!!

Belofte: Ontvang die lewe as kroon!
Aankons:  >>> ROLF Speel Jazz verwerking van Gesang uit Lutherse kerk se Liedboek
Votum: Lees die woorde met musiek in agtergrond.
1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.


7 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


Seëngroet: Openbaring 1:4-5 
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Lofprysing:
LB 488:1,2,5

10 000 Reasons

Who am I

Breathe


Flam3: Aan U voete Heer
Gebed: - Richard Foster

Gees van die lewende God

Wees die tuinier van my siel.

Hoe lank wag ek nou al op U

Stil – in ʼn koue donker van my siel.

Maar nou in die kragtige Naam van die opgestane Jesus Christus

Waag ek om te smeek:

Hark weg die dooie blare van die verlede.

Vergruis die harde kluite

Van my weerbarstige gewoontes en groewe.

Werk diep in my siel u lewegewende Woord.

Versorg, gee lewende water, koester my hart

Totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom!

Amen
Agtergrond van die 7 Briewe: kort oorsig


Johannes is verban na die eiland Patmos omdat Hy die Evangelie verkondig het. Daar verskyn die Here Jesus aan hom met boodskappe aan die 7 gemeentes in Klein-Asië. Elke brief dra die refrein: “Luister na wat die Gees vir die Gemeentes sê”.
Al sewe gemeentes was op ʼn hoofroete geleë in hoefyster vorm. ʼn Boodskapper met die briefbundel kon van die eiland Patmos (waar Johannes was), eerste by Efese aandoen. Van daar af sou hy noordwaarts reis tot by Smirna en Pergamum, suidoos draai na Tiatira, en van daar af verder gaan na Sardis, Filadelfia en Laodisea. Die roete stem presies ooreen met die volgorde waarin die briewe ook voorkom.
Die sewe briewe is waarskynlik gebundel gestuur aan elk van die sewe gemeentes wat die hele kerk verteenwoordig, want die probleme van elkeen het in al die gemeentes voorgekom.
Situasie In Smirna:
Enigste stad wat vandag nog bestaan: Ismir. Die helfte van inwoners vandag, is Christene! Smirna was ‘n hawestad met so 100 000 inwoners sowat 56 kilometer noord van Efese. Dit is ‘n pragtige stad met die bynaam: “Eerste in Asië”! Smirna was bekend sy vir sy handel, baie ryk mense, goeie hawe, en die hoofstraat met die naam godestraat waarin 3 groot tempels was.
Dit was die hoofsentrum vir die keiserkultus.(keiseraanbidding) Mense was ook bekend met die se beplande aanleg, reguit strate en sy teaters. Smirna waas verder beken vir sy goeie wyn, wetenskapsbeoefening en mediese wetenskappe!
Romeinse burgers moes een maal 'n jaar na die altaar vir keiseraanbidding gaan en wierook te brand Jy kry dan 'n sertifikaat as bewys. Christene het natuurlik geweier en word as ateïste beskou. Natuurrampe, droogtes, hongersnood en ellendes is aan Christen toe te skryf! Met die gevolg dat daar baie diskriminasie was veral op ekonomiese terrein.
Christene was nie deel van heidense vakbonde nie, dus moeilik werk gekry. Christene se geloof het 'n groot prys gekos. Onder die Christene was daar armoede en min bekendes of geleerdes.
Daar was baie Jode in Smirna wat dit meestal vir die Christene baie moeilik gemaak het. Die Jode het kwaad gestook teen die Christene by die owerhede en hulle selfs gaan aankla!

Die probleem was natuurlik dat die funksionering van vroeë kerk in sinagoges en huise geplaasgevind het.


Smirna het bekende sport spele gehad wat beroemd dwarsdeur Asië. Soos in die Olimpiese Spele het die wenner ’n kroon gekry... Dit was ’n stad van eerstes, wenners en rykes.
Skriflesing:
Op 2:8 - 11
PREEK
Smirna was ‘n stad vir wenners: rykes, invloedrykes, magtiges en suksesvolle mense! Geen wonder die stad se ander naam was “Eerste in Asië” nie. As jy ryk, invloedryk of geleerd was, dan het jy baie waarde gehad en jy het baie spesiale behandeling gekry.
Meeste van die Christene was egter armes, sonder invloed en mag. In die oë van die gemeenskap was hulle verloorders! Hulle nuwe Christelike godsdiens is deur almal verwerp. Ook die Jode wat nog op ‘n stadium hulle goedgesind was het teen die Christene gedraai. Ekonmonies, sosiaal en kultureel.
Christene se lewe was gekenmerk deur mislukkings, moeilike uitdagings en besondere swaarkry!
Smirna en Pretoria is dalk nie verskillend soos ons dink nie...Oral word ons gemeet:

-- skool: akademie, sport, vriende

-- huis: ouers, boetie, sussie,

--gemeenskap: hoe jy aantrek, wat jy doen, wat ty en waar jy bly, en wat jy studeer

--vriende: beoordeel ook volgens elkeen se uniekheid oor jou lewe, en doen en late.

-- jouself: dink jy baie, bietjie of min van jouself? Waarmee meet jy jouself?


Samelewing het obsessie met sukses, sterk wees, wenners en uiterlike prestasie.

By ons gemeenskap is dit baie keer so SUKSES = WAARDEVOL

Wat van dié wat 2de en 3de en 100ste kom? Is hulle as mens nie ook WAARDEVOL nie?

Ons het ‘n baie sterk prestasie gedrewe samelewing! Kyk net hoe die media en kameras net inzoom op die wenner se gesig... al het die persoon in die 2de plek selfs briljant gedoen

* Second place is first loser.

* Win at all costs.


WAT VAN DIE VERLOORDERS?

Wat nie altyd wen, gesond is, rampe tref, geld.... God nou weg?


Belangrik is om te vra wat is jou eie standaard waarmee jy meet?

Waaraan meet jy jou sukses of mislukking? Deur wie laat jy jou waarde bepaal? God? Ander mense? Jouself? Vraelysies? Jou gewig? Punte? Rykdom? Geleerdheid?

- ‘n Sekere akademiese prestasie? ... ek het waarde of is waardevol as mens as ek .....

- Sekere bou of vorm? ... ek het waarde of is waardevol as mens as ek .....

- ‘n verhouding met iemand? ... ek het waarde of is waardevol as mens as ek .....

- sport prestasie? ... ek het waarde of is waardevol as mens as ek .....


Deur eeue is dit bewys en deur mense ervaar dat as jy jou waarde en sukses aan ander eksterne faktore oorlaat dat jy afstuur op ‘n ramp. Eksterne sukses is tydelik, wisselvallig en leeg. Dit plaas die lokus van kontrole in iemand anders se hande.
Meestal sal daar altyd iemand mooier, slimmer, vinniger, ryker en meer gewild as jy wees. En selfs al kom jy uit by die punt om die beste in die wêreld te wees, sal jy ervaar dat dit leeg is.
Dis soos iemand wat Monopoly speel en dink dat hy met al sy geld stad toe kan gaan en vir hom iets kan koop! Mense probeer met sukses die lewe en vervullende lewe koop. Maar dis nie waar jy die lewe vind nie. Jy is welkom om aan te hou Monopoly speel, maar jou bates gaan altyd minder as jou laste wees!
Dit is krities dat jy sal besef dat jy reeds ryk is in Christus!
Op 2:9 “Ek ken julle armoede en tog is julle ryk!!!”
Tog sê die teks in Openbaring is hulle wenners en hulle is ryk! Van al die gemeentes is hulle een van twee wat in hulle beoordeling van die Christus nie negatiewe eienskappe of teregwysings het nie. By die ander briewe word daar eers gesê wat goed en mooi is in die gemeentes en dan kom die sin: Maar dit het ek teen julle... dan volg ‘n paar sake wat probleme is of wat verkeerd is in die gemeente.

Dit kom egter nie in die brief aan Smirna voor nie. Daar is net ‘n lang lys positiewe dinge in die gemeente.


Hulle word geprys vir hulle oorwinning tsv hulle moeilike omstandighede waar hulle die lewe as kroon kry!!! Verder sê die teks hulle eintlik ryk is, al is hulle finansieel arm. Hulle is ryk aan die lewe, die ware lewe!
Dalk lyk dit vir ander of hulle verloorders is, maar in die oë van God is hulle wenners. Hulle het die werklike lewe.
Dit alles word verwerf deur hoe hulle Jesus sien. Kyk net hoe betekenisvol word dit hier gestel: Jesus is die Eerste en die Laaste! Hy was dood en lewe weer!
Christus weet van wen en verloor, van eerste en laaste wees. Sy alomvattende wese omhels almal!
Die teks in 2 Petr 1 bevestig die woorde van Op 2:9:

Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.....Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.
Ons as gelowiges het skatkiste wat reeds vol is van die gawes van kosbare geloof, genade en vrede in oorvloed, Goddelike krag, alles wat jy nodig het om te lewe, kosbaarste en allergrootste gawes en wag daarvoor... deel gekry het aan die Goddelike Natuur!
Wat hy hier van praat is nie oor die toekoms nie. Hy praat oor dit wat die gelowiges reeds ontvang het! Die Heilige Gees wat ‘n fontein is wat in jou ontspring en strome lewende water uit jou binneste laat vloei!
Die Bybel is vol tekste wat verduidelik dat ons in Christus skatryk is. Dink maar net aan die gawes wat God gee wat ontsluit is in die lydenstyd, Goeie Vrydag se gawes, die onuitspreeklike groot gawes van die opstanding, hemelvaart en vervulling met die Gees! Dink aan die gawes en vrug van die Gees wat almal ontvang het.
Wanneer jy Jesus leer ken kry jy ‘n nuwe waarde-stelsel. Paulus het dit besef op pad na Damaskus toe! Toe hy Jesus persoonlik ontmoet en sˆ " My Here en my God!" het hy geweet nou het hy die grootste bate ook gevind! Toe hy Jesus ontmoet het is sy balansstaat omgekeer! Dit wat hy gedink het bates is, is toe eintlik sy laste! Want toe hy Jesus ontmoet het hy besef daar kan niks tot sy bates toegevoeg word nie!
Geliefdes, dis juis as ons 'n paar dinge by Jesus wil voeg om die lewe sinvol te maak, dat jy bankrot is! Want nou sit jy 'n las aan die bate se kant! Dis wanneer mense begin dink dat Christenskap nie meer die moeite werd is nie! Hulle dink: ek dan mos vir Jesus, hoekom het nog soveel onvrede?

Om Jesus te ken oortref alles in waarde! Om Jesus as bate te hê is al wat nodig is! Weet u hoekom? Nou hoef u nie meer te soek en te swoeg om sin en vrede te verkry nie! Jesus het dit klaar vir u verkry!


Natuurlik is ons op ons eie arm, dors en swak, maar ons kan mos nie meer net in hierdie terme oor onsself praat nie. Jy is as gelowige in Christus. Die Gees leef nou in jou! JY IS NOU REEDS ERFGENAAM VAN ALLES WAT JESUS VERWERF HET!
Tog leef ons baie keer as spirituele boemelaars! Ons “hoop” bottels is maar leeg, baie ervaar so min vrede, om nie eers van vreugde te praat nie, hoeveel mense is onseker of God hulle liefhet, vergewe het. Baie leef kragteloos en leef in vrees en angs oor die toekoms en hulle self. Hulle sleep hulleself kerk toe Sondag om tog net hulle spirituele batterye te kom herlaai want hulle is pap geleef...
Verlede jaar was daar ‘n artikel oor die rykste bedelaars in Indië. Almal op die lys het dag vir dag op die straat geleef van aalmoese in verslete klere. Hulle het oorskiet kos geëet en van dit wat mense op straat aan hulle gegee het. Saans het hulle kartonne gesoek en in die harde koue gevaarlike strate geslaap...Intussen het hulle bankrekeninge gegroei van al die baie geld wat hulle maak.

  • Bharat Jain, besit twee woonstelle ‘n groot winkel wat iemand bestuur

  • Sambhaji Kale,het ‘n woonstel, twee huise en groot stuk land wat hy uitverhuur!

So gaan die artikel voort om te vertel al die ryk bedelaars...

http://desinema.com/richest-beggar-in-india/
Die artikel sê ongelukkig nie wat die redes is hoekom hierdie miljoenêrs soos boemelaars leef nie. Dit is net so vreemd om te dink dat hulle in skaarsheid leef te midde van oorvloed wat hulle eintlik besit.
As daar in die gemeente se nuusbrief ‘n artikel sou verskyn oor dié van ons wat met skatkiste vol geestelike gawes sit en tog soos boemelaars leef, hoe lank die lys nie sou wees nie....
Wat gebeur as jou lewensingesteldheid Spirituele skaarsheid is:

  • Jy dink oor jouself en jou identiteit as ‘n spirituele boemelaar, arm en swak op geestelike vlak en vergeet dat jy eintlik ‘n kind van God is. Profeet, Priester, Koning!

  • Jy verval in ‘n oorlewingsmodus. Ek probeer maar net dag na dag oorleef, maar ons leef nie! Jy onwikkel nie die lewensingesteldheid van optimale lewe nie, net oorlewing.

  • Al wat jy aan dink is net aan jouself

  • Hierdie manier van leef in geestelike armoede verwag jy heeltyd ander moet jou oplossing wees, ander moet jou probleme oplos. Almal om jou word geblameer vir jou situsie.

  • Jy sit heeltyd as’t ware en vergelyk jouself met ander se gawes en is jaloers omdat jy dit nie het nie Hierdie lewensstyl lei tot ‘n diep onvergenoegdheid. Ek het nie wat ander het nie. Heeltyd is jy bewus van jou tekort. Daar is geen dankbaarheid oor dit wat jy ontvang het nie.... Terwyl jou trollie vol gawes is.

  • Hierdie manier van leef in skaarsheid maak dat jy leef met ontwyking, ontvlugting, soeke na onmiddellike bevrediging want wat jy het ervaar is leeg. Ander soek naarstiglik net na plesier en pret om die geestelike lugleegte te vul. Die absolute fokus op onmiddellike bevrediging ten koste van more

  • Een van die slegste gevolge van dié lewenstyl is angs en vrees. Omdat jy nie jou grootste gawes en God se teenwoordigheid raaksien nie, is jy angstig oor elke ding! Wat as dit gebeur of dat? Ek probeer beheer en beplan dat die slegte goed tog net nie gebeur nie. Want ek het nie kapasiteit om dit self te hanteer nie

  • Met hierdie geestelike armoede word jy blind vir die asemrowende prag wat in elk dag opgesluit is. Jou innerlike donker verdonker jou wêreld.

  • Mense verval in die rotresies om net meer en meer besittings te versamel want daarmee kan ek illusie versterk dat as my fisiese besitting baie is, ek uitdagings die hoof kan sien.

  • Daar kom ‘n krampagtige obsessie met liggaamlikheid en gesondheid: Die oordrewe Mens health, womans fashion, perfect body, gym culture en photoshop” gesigte!

  • Ander probeer oorleef met ‘n honger na mag wat jou dag vir dag verteer.

  • Soeke na status om net darem beter as ander te wees deur studie, kultuur...

So leef ons as geestelike boemelaars.....TERWYL ons almal...ja julle almal skatryk is.


n Studie wat verlede week deur die Univ van Texas gepubliseer is met die titel: Why So Many Smart People Aren’t Happy, maak ‘n interessante punt: Volgens hulle is die rede dat mense ongelukkig is hoofsaaklik daaraan toegeskryf dat met ‘n scarcity-minded approach leef. Leef met uitgangspunt van skaarsheid. Daarteenoor die wat met die abundance mindset lewe baie meer gelukkig. Hulle vergelyk nie hulleself heeltyd met ander nie, hulle dink daar is genoeg erkenning, liefde en aanvaarding vir almal. http://www.theatlantic.com/business/archive/2016/04/why-so-many-smart-people-arent-happy/479832/?utm_source=huffingtonpost.com&utm_medium=referral&utm_campaign=pubexchange_facebook
Op 2:9 “Ek ken julle armoede en tog is julle ryk!!!”

Julle ontvang die lewe as kroon!” v10


Geliefdes, julle is dus almal skatryk! Julle is geestelike miljoenêrs! Jesus het dit alles verwerf: ʼn skatkis vol gawes. Die Gees is die ewige fontein in jou.
Meeste Godsdienste is PLUS godsdienste. Ek het nie genoeg op my eie nie, en moet meer verwerf deur geestelike rituele en prestasies. Die gereformeerde verstaan van Christenskap besef dat God alles vir ons verwerf het, en dat ons dit reeds in Christus ontvang het! Ons moet eerder laat gaan (MINUS) aan dinge wat ons keer om daardie reeds ontvangde gawes te gebruik soos ego, afbrekende gedrag en om God uit jou lewe te skuif. Jy het is in Christus reeds ‘n volle erfgenaam!
Wat is ware oorvloed? Nie voorspoedigheid dat alles net goed gaan in jou lewe nie. Nie “Prosperity” nie. Selfs in die ergste moeilikste situasie is die bronne van God daar en beskikbaar. Kyk anders na uitdagings en probleem as jy dit in vergelyking plaas met die GEES se oorvloedige Gawes. Jy hoef nie net te veg teen die situasie nie, maar aanvaar situasie met erkenning dat jy die gawes ontvangs het om dit die hoof te bied en rykdom daarvan te ontgin.




GOD VAN VOORSPOED?
Mense wat God dien altyd “WEN!”??? En die wat verloor is sonder God?
Hierdie winkelvenster in Boksburg...
Advertensie in Centurion: “Here beplan goeie goed vir jou”! Pastoor met Ferarri
Is ons God GOD van WENNERS?

Danie Botha se lied: Wenners?


Is GOD se doel dat ons heeltyd: voorspoedig, suksesevol is, sterk is?
GELOWIGES WEN NIE ALTYD NIE!
Hosea: Volg Afgode v Vrugbaarheidsgodsdienste twv die VOORSPOED!
PSALMS: Baie van hulle verloor! Kry swaar. Soos Job.
PAULUS: 2 Kor 12 – ek is swak, maar as ek swak is, is ek sterk.
Jesus vb: Eindig met 12 dissipels en sterf....
God is nie ‘n God net vir Wenners nie!!!!
ANGUS.... Tog maar sê.... hoekom NG Kerk nie die hele Angus beweging volledig omarm nie? Op Loftus... Boere, besighede sal suksesvol wees. Kinderloses sal kinders kry... En as dit nie gebeur nie?

Besonders dat Jesus Christus as Eerste en die Laaste voorgestel word! Smirna 300 vc gelykgemaak en herbou



GOD IS NABY in WEN en VERLOOR
PRAAT met God!!! >>> Kyk die dialoog in Habakuk en Psalms. Worstel en gebed.

Vind God in die gebeure en te midde van die gebeure.


God is daar!!! >>> DUIM vashou: Jy is die Duim en ander vingers omvou jou soos God jou omvou in wen en verloor. Voor sport... “hou duim vas!”
WAARHEID is verwoord in die uitdrukking “you are not Cured but you are healed!
Die Gees is grootste Gawe wat die skatkis van die lewe ontsluit! En die Gees is nie naby jou nie. Die Gees is in jou. Omdat jy in Christus is.
Anthony de Mello skryf: Life is a banquet. And the tragedy is that the most people are starving to death. They are brainwashed, ASLEEP by ideas about love, freedom, happiness, and so forth. These wrong ideas are influencing your life and making a mess of it. We are surrounded with joy, with happiness, with love - Awareness p26
Yüklə 1,45 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©www.genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə